
=====================================================================
Hoekom stry? (AV 4:2)
=====================================================================

Inhoudsoorsig


Hoekom stry?

Jan Keyter van Niekerk,   'n jong sielkundige wat in Londen studeer:

'n Vraag rondom die sogenaamde stryd om die voortbestaan van Afrikaans wat my 'n tyd lank al kwel en wat in my beperkte blootstelling selde 
in die populre media op 'n eenvoudige wyse behandel word, is hoekom dit in die eerste plek die moeite werd is om te "stry" vir die 
voortbestaan van Afrikaans wanneer die mededinger, Engels, relatief toeganklik is en as internasionale taal 'n bre gebruiksomvang geniet.

My siening is as volg: 'n Taal word as kommunikasiewerktuig in verskillende domeine aangewend om verskillende funksies te verrig, 
byvoorbeeld in die staatsdiens om belasting in te vorder, in die boubedryf om huise te bou, en ook in die estetiese domein om die digter of 
skrywer se ervarings of persepsies van die wreld oor te dra op 'n wyse wat skoonheidskepping behels.

Om terug te kom na die aanvanklike vraag wil ek eksklusief verwys na die estetiese domein. 'n Eenvoudige metafoor is van nut. As die 
letterkunde wat deur Afrikaans of enige ander taal voortgebring is, nie meer geniet word nie, is dit so goed die deure van die Tate 
kunsmuseum in Londen of die Louvre in Parys word gesluit met die kennisgewing dat wat binne is, binne bly en nie meer vir die publiek se o 
bedoel is nie. Die Afrikaanse nageslag word 'n unieke skoonheid ontneem -- die letterkunde van Van Wyk Louw, Breytenbach, Peter Blum, 
Eugne Marais, en vele ander.

Nou wat gemaak met betrekking tot die behoud van hierdie skoonheid? 'n Beduidende en invloedryke proporsie van die jong Afrikaners (enigeen 
met Afrikaans as huistaal) het 'n weersin in enige politiekery wat enigsins (geregverdigd/ongeregverdigd) 'n smakie het van 'n behoefte aan 
behoud van die magsverhoudings van die vorige bestel. Watter strategie bly oor?

'n Voor die hand ligggende alternatief is om Afrikaanse skrywers en digters te ondersteun deur aktiewe belangstelling in Afrikaanse 
literatuur. Kom ons haal die stofomslae van die Tydskrif vir Letterkunde in die boekwinkels af -- lees Afrikaanse literatuur, koop 
Afrikaans boeke, gee Afrikaanse digbundels as verjaardaggeskenke. Laat ons veral wegkom van die toksiese siening dat die waardering van 
posie die besit van 'n klein, snotterige "kultuur-elite" is en behoort te wees.

Dit is egter ook duidelik dat die gebruiksfrekwensie van 'n taal in die estetiese domein saamhang met die gebruik daarvan in ander domeine 
en dat wat laasgenoemde betref, politieke bedinging wel 'n rol kan speel. Dit is waar my tweede punt bykom. Dit het my opgeval dat wat die 
"taalstryd" betref, die oorheersende uitgangspunt per definisie een van struweling en konflik is. Daar is die siening dat Afrikaners se 
taal en kultuurbehoeftes deur ander kultuurgroepe geminag word (wat ongelukkig in die lig van die taal se stereotipiese politieke 
assosiasies nie verrassend is nie), daarom is daar rede tot 'n stryd om ons behoeftes erken te kry en ons taal in gebruik te hou.

'n Meer effektiewe manier om respek in die hand te werk is die skep van resiprositeit op 'n onvoorwaardelike manier -- ek respekteer of 
bevorder ook jou taal of kultuur sonder om enigiets in ruil te verwag (pres. Nelson Mandela in 'n Springbok trui?).   Dikwels word blywende 
wedersydse respek en waardering dan ook verkry. Hoeveel Afrikaners kan selfs 'n bietjie Xhosa of Zulu praat? Hoeveel het al probeer voete 
stamp in die "gumboot"-dans? word deur altrusme sal die windjie in die toekoms vir Afrikaans dalk minder koud en skraal waai.

Terug na bo

Hierdie blad: <http://www.afrikaans.com/av4211.html> Voeg kommentaar toe aan hierdie bladsy. Skryf gerus aan die redaksie.  Kopiereg (c) 
Stigting vir Afrikaans 1999     Blaai terug | Blaai om
.

Enige woord Al die woorde Presiese frase   /// Afrikaans Vandag -- April 1997 /// Afrikaanse sektor moet in rat kom (AV 4:2) /// 'n 
Positiewe taaltoekoms (AV 4:2) /// Staan Afrikaans sy man oor die lug? (AV 4:2) /// SAG begin wins sien (AV 4:2) /// Tale word digterlik 
saamgebind (AV 4:2) /// Laat Afrikaans soos kakiebos woeker (AV 4:2) /// Afrikaans en 'n taalplan vir Suid-Afrika (AV 4:2) /// Keuses word 
nou vir en in Afrikaans gemaak (AV 4:2) /// Moedertaalonderrig is belangrik (AV 4:2) /// Staan nader -- daar's hoop! (AV 4:2) /// Hoekom 
stry? (AV 4:2) /// Zoo leert men ... Afrikaans (AV 4:2) ///

